Graaff-Reinet

Graaff-Reinet

(insluitend uMasizakhe)
Graaff-Reinet uit die Vallei van Verlatenheid gesien.
Graaff-Reinet uit die Vallei van Verlatenheid gesien.
Graaff-Reinet is in Oos-Kaap
Graaff-Reinet
Graaff-Reinet
 Graaff-Reinet se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°15′8″S 24°32′16″O / 32.25222°S 24.53778°O / -32.25222; 24.53778
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikSarah Baartman
MunisipaliteitDr Beyers Naudé
Stigting19 Julie 1786
Oppervlak
 • Totaal203,6 km2 (78,6 vk. myl)
Hoogte
756 m (2 480 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal35 672
 • Digtheid175/km2 (450/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8.7%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense62.2%
 • Swart mense28.2%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Afrikaans 76.0%
 • Xhosa 18.9%
 • Engels 3.6%
 • Ander 1.5%
Poskode (strate)
6286, 6280, 6281
Poskode (posbusse)
6445
Skakelkode049

Graaff-Reinet is 'n dorp in die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit (provinsie Oos-Kaap, Suid-Afrika) met sowat 36 000 inwoners,[1] insluitend die buurt uMasizakhe. Die dorp is in 1786 gestig en is die vierde oudste blanke nedersetting in Suid-Afrika.

Graaff-Reinet lê aan die voet van die Sneeuberge en Spandaukop, in 'n perdeskoenkronkel wat deur die Sondagsrivier gemaak word en te midde van die Karoo se dorre halfwoestyn. Die dorp, wat ook as die "Juweel van die Karoo" bekendstaan, is die godsdienstige, kulturele, onderwys- en landbousentrum van die Middelland. Veeteelt (veral skape en volstruise) en handel is die basis van die plaaslike ekonomie. Die N9 nasionale pad gaan deur die dorp.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Graaff Reinet en uMasizakhe tydens die 2011-sensus.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search